Episode's summary
Ouetehuise en aftree oorde in Gauteng en Mpumalanga was tussen 2015 en 2018 die teikens van gru moorde. Bejaarde vroue wat alleen gebly het, is aangeval, verwurg en beroof in ’n reeks misdade wat begin het met die geldgierigheid van Shaun Oosthuizen. Die kat-en-muis speletjie wat hy en sy mede-pligtiges met die polisie gespeel het, het gelei tot ’n reuse soektog oor provinsiale grense om die aanvalle te stop voor nog ’n vrou haar deur vir die onheil oopmaak.
Ouetehuise en aftree oorde in Gauteng en Mpumalanga was tussen 2015 en 2018 die teikens van gru moorde. Bejaarde vroue wat alleen gebly het, is aangeval, verwurg en beroof in ’n reeks misdade wat begin het met die geldgierigheid van Shaun Oosthuizen. Die kat-en-muis speletjie wat hy en sy mede-pligtiges met die polisie gespeel het, het gelei tot ’n reuse soektog oor provinsiale grense om die aanvalle te stop voor nog ’n vrou haar deur vir die onheil oopmaak.
Episodes
Shaun Oosthuizen se meester misdaadplan teen bejaarde vroue
ListenedOuetehuise en aftree oorde in Gauteng en Mpumalanga was tussen 2015 en 2018 die teikens van gru moorde. Bejaarde vroue wat alleen gebly het, is aangeval, verwurg en beroof in ’n reeks misdade wat begin het met die geldgierigheid van Shaun Oosthuizen. Die kat-en-muis speletjie wat hy en sy mede-pligtiges met die polisie gespeel het, het gelei tot ’n reuse soektog oor provinsiale grense om die aanvalle te stop voor nog ’n vrou haar deur vir die onheil oopmaak.
Die Springs haarkapper wat jong meisies na verderf gelok het
ListenedAgtste Straat in Springs aan die Oos-Rand het in 2017 soos baie ander besige strate regoor Suid-Afrika gelyk - met 'n prokureursfirma, 'n skoonmaakbesigheid, snoepies en ook 'n mans haarkapper af in die straat. Agter die helder verf op die haarkapper se muur het 'n donker boosheid egter geskuil, wat in 2017 aan die lig gekom het. Die soektog na 'n vermiste jong meisie en 'n polisieklopjag sou die waarheid oor 'n gruwelike menshandel netwerk oopvlek.
André Klynsmith se aftreeplanne eindig in sy tragiese moord
ListenedAndré Klynsmith se hunkering na ’n droom aftrede saam met sy vrou het in sy tragiese moord geëindig, met ’n verstommende kinkel oor die ware moordenaar. Hy het in 2016 afgetree met al sy planne in plek. André het uiteindelik weer liefde gevind en daarna uitgesien om sy aftrede met sy nuwe vrou te deel, saam met haar te reis en rondtes gholf met vriende te geniet. Wat André egter nie geweet het nie, was dat sy hunkering na ’n sorgvrye en liefdevolle aftrede teen hom gebruik sou word en hom sy lewe sou kos.
Die berugte Station Strangler reeks moordenaar
ListenedSuid-Afrika het in 1994 geleef onder ’n reënboog van vreugde met die aanvang van demokrasie en die gevoel van vryheid. In die Mitchells Plein gebied van die Wes-Kaap was ouers egter vasgekeer in angs nadat die liggame van jong seuns gekry is – almal op diesefde gru wyse vermoor. Inwoners was verder geskok oor die identiteit van die man wat as die Station Strangler aangekla sou word. Maar was hierdie die ware oortreder?
Die Ponzi-slenter van Craig Warriner
ListenedDie BHI Trust het in 2023 soos ’n huis van kaarte inmekaar getuimel en ’n Ponzi-skema aan die lig gebring waarin meeste van die beleggers alles verloor het. Craig Warriner is eens beskou as ’n gerespekteerde en betroubare belegger wat vir jare lank die geld van miljoenêrs, sowel as gewone Suid-Afrikaners, belê en help groei het. Dit het alles verander een oggend in Oktober 2023 toe die beleggingsballon gebars en die slenter aan die lig gekom het. Derduisende mense se maandelikse dividende het deel geblyk te wees van dié reuse misdaad en hulle lewens en toekoms is vir ewig deur die BHI Trust geraak.